Ons sit nou by die myn. Binne die myners se tent is een jong seun wat kort kort hul want hy het malaria.
Ons koop 'n plat sinkplaat en pa design so sex tafel uit mikstokke en ronde houtjies. Maar die sink blink en nou is ek bly vir die tafeldoek wat my pragtige vroutjie ingepak het.
Dit is nou laatmiddag en die myner seuns se go is behoorlik uit. Hulle gooi so dan en wan 'n graaf grond uit die put.
'n Nuwe koper stel belang in ons klip en vra 'n prys. Ek kwoteer $200 meer want dit is ondankbare, harde werk. Hoe myn jy aquamarine..? een kristal op 'n slag. Ek gaan nie nou ABL se alleen voorsiening kontrak onderteken nie want ek soek 'n beter prys. Dit is te veel van 'n opoffering vir 'n te klein opbrengs. Die nuwe koper vra afslag. Ek sê hom dat daar geen negotiations is nie. As hulle dit regtig wil hê kan hulle my prys betaal.
Dit is pragtig hier in die bos. Oupa is bekommerd oor die tuinjong probleme wat hulle het en ek bel gou vir Donna. Die oproep kos so R17, kleingeld om net jou wederhelfte se stem te hoor.
Ons kry min terugvoering. Dit is omtrent soos die ou wat gevra is om die boom af te kap met die stomp kant van die byl. Omdat hy nie splinters sien spat nie, gee hy op. Lees iemand die blog???
No comments:
Post a Comment