Mahowe is 'n onderwyser wat 3 myne besit. Hy is 'n laerskool onderwyser. Hy vat omtrent 3 minute om sy naam te skryf. Maar hy is 'n doodgoeie ou. Ek stuur die hele week vir hom Sms' s want hy rapporteer nie. "can we have a meeting?" Teen Saterdag kry ons die meeting.
Hy maak n afspraak vir 2 uur. Teen 2 uur is hy nie by die kantoor nie. Ons wag 15 minute en ry toe die 6 km uit na sy huis toe oor slegte paaie. Daar gekom sê sy vrou, "wat soek julle hier? My man is dorp toe." Wat n misverstand! Ons ry terug dorp toe en sit en wag. Teen half vier bel hy my en sê dat hy naby sy huis is en nou op pad dorp toe is. Ek gee die foon voor Samson en vra hom om vir die man te sê om reguit na sy huis te gaan ons kry hom daar.
Ons jaag na sy huis want dit is alreeds laat en ons kamp is 45 km op slegte grondpaaie hiervandaan en ons wil nie na donker op die paaie wees nie. Ons kom by sy huis aan en Oupa sê dat hy nie uit die kar gaan klim nie want die man het ons al klaar te veel rondgeneuk. Ek vra vir Oupa om asb nie met hom te raas nie want dit is 'n nuwe verskaffer en ons wil hom nie vervreem nie.
Hy is nie by sy huis nie. Ek kry hom op sy foon in die hande en hy sê dat hy amper by die huis is. Net nog 5 minute. So 15 minute later kom hy daar aan. Ek hou by my belofte om nie kwaad te word nie en vra hom waarheen nou. Hy sê "we have to visit the mines"
Die eerste myn is 8 km weg oor haglike paaie. Uiteindelik sê hy "stop here!", ons vra "how far too the mine?", hy reken dit is net 100 meter. So 300 meter verder stuur ek vir Oupa terug kar toe en nog so 150 meter verder kom ek by die myn aan. By die myn kry ons so klein hopie klippe. Gelukkig het hulle goeie kleur. Hy sê dat hulle kamp opgeslaan het en by 'n begrafnis was en daarom is die produksie so laag. Ek aanvaar dit en betaal hulle net vir die kg gelewer. Elke ou kry net R39 vir die week se werk. Hulle lyk nie tevrede, maar ek is ook nie tevrede want elke myn moet 250kg 'n week lewer.
By myn 2 en 3 herhaal die storie homself en ek is kwaad. My voedingskema vir sy 3 myne stoot die koste op na amper $2 per kg vir die bietjie klip wat hy gelewer het, maar ek het 'n klousule in sy kontrak wat sê dat as hy nie daagliks die gewigte deurgee nie dat hy nie die vlg week weer kos sal kry nie. So geen voeding vir sy myne meer nie totdat hy leer om te rapporteer. Ek raas met hom en sy myners en hulle lag openlik vir my in my gesig. Oupa sê dat die nasie geen benul het van tyd of afstand nie en ek beaam.
As hy rapporteer dat daar net 6 kg gemyn is by een myn kan ek mos dadelik weet dat iets nie pluis is by daai myn nie en dan onmiddellik stappe neem om dit reg te stel. By die Pastoor se myn het hy Saterdag oggend meer klip gemyn as Mahowe se 3 myne saam vir die hele week.
Ons kom eers 7.30 by ons kamp (stikdonker) aan op 'n Saterdag aand wanneer die res van Suid Afrika lekker voor julle TV' s sit en rugby kyk. As Donna ons nie op hoogte hou met die scores nie sal ons ook gladnie weet wat in die wêreld aangaan. Aandete is Chili sardyne op sagte witbrood. Alte lekker. Maar ons sardyne is nou op. Oupa is baie lief vir sy sardyne.
Sondag rus ons by die kamp. 5.30 op met die wag se stiptelikke "your water is heat" en koffie in die tent, oats pap vir Brekfis en 11 uur tee. Teen 12 uur kom daar 'n dronk myner aan by die kamp en iets snap in my en ek verjaag hom met 'n stok. Die 4de slag slaan ek hom agter oor die blaaie en Oupa lag te lekker. Moenie die Mzungu kom pla as jy gesuip is nie. Punt!
Miskien kyk ek te veel CSI NY. Dankie Thea! Dit is al wat ons oor het om te kyk en die res van die middag kyk ons so 3 van die episodes en speel seduko. Anja, dan vul Oupa een in en dan ek, en ons check mekaar so op. Wat 'n wonderlike tyd saam. Ek sal die tyd saam vir altyd bewaar in my hart.
No comments:
Post a Comment