Maandag oggend verwag ons vir Donald in Lilongwe want hy sou kwansuis deur die nag ry want hy het sy assuransie laat gaan en is bang vir 'n boete. Ek sit my foon af om my battery te spaar en kontak hom eers 7 uur om te vra waar ons hom gaan ontmoet.' I am still in Mzimba'
Hulle het die bult op gery en toe wil die hilux nie die bult uit nie. Hulle stop en hak die trailer af. Die bakkie se remme faal en hardloop in die trailer met klip en breek die hele agterste klap. Hulle verseker my dat hulle nog die Maandag die bakkie gaan reg hê en dat ek asb net R500 moet stuur vir die pressure plate en release bearing. Ek stuur geld en hulle laat weet dat alles goed gaan en defnitief moreoggend in Lilongwe gaan wees. Nou ja ons koop die tyd uit en sit gas in die aircon en kry die dromme. More kan ons die papiere kry en dan huiswaarts.
Dinsdagoggend: Donald where are you. ' I am still in Mzimba'
Hulle kon weer nie teen die bult uit. "They sold us a Chinese scrap and tomorrow we are going to ask our money back and then get the proper parts" OK but please keep me posted. Woensdagoggend: Donald where are you? ' I am still in Mzimba' Why? "When we opened the engine some of the spacers were lying on the oil pan, I am going to Mzuzu to buy new spacers tomorrow". Also get your insurance. Uit Mzuzu bel hy my en sê dat die assuransie nie in Lilongwe betaal kan word nie en dat ek moet geld stuur. Ek sê twak man en bel die hoofkantoor. Geen probleem meneer. Jy kan dit hier betaal en dan reik ons dit in Mzuzu uit. 5 minute voor toemaak tyd betaal ons en kry hy sy assuransie. OK fix it tonight and see you tomorrow. Donderdag oggend antwoord by nie sy foon nie en ek bel die drywer. Where are you? ' We are still in Mzimba'
Nou sien ek hoe ons Kersfees nog hier gaan wees met die woorde. ' I am still in Mzimba'
Ons sê vir Chris hy moet klaar stort want ons ry nou Mzimba toe. 15 minute later beur ons uit na die noorde deur oggendverkeer. Op die oop pad druk ek die Colt en doen soms 140 km per uur en bietjie meer. Ek is kwaad want die oponthoud was nie in my beplanning nie. 3 ure later stop ons voor die warehouse en Donald se oë rek so groot soos pierings. Ek gaan gal af oor die toestand van die voertuig en stoor. Langs die enjin wat alweer in stukkies is sit 'n vreemde man en ek verneem wie hy is.' This is the welder who is going to weld this crankshaft.' Ek kom omtrent iets oor. This is a precision part that runs at 5000 revolutions per minute and you want to weld it. Vertel ek hulle.
Ek en oupa storm daar uit en gaan dorp toe waar ons transport gaan soek. Dié ou vra te veel. Daai een se trok lyk glad nie goed nie. Uiteindelik kry ons 'n ou af van 250000 Kwacha tot by 125000. Hy lyk nie heeltemal gelukkig met die prys nie maar ek is ook nie gelukkig nie. 20 minute later stop ons by die Warehouse en laai die klip en Oupa sê vir Donald om sy goed te pak want ons ry nou. Hy word amper in geforseer in die lorrie deur Oupa wat nou maar net eenmaal genoeg gehad het van die man se streke.
Ek kommunikeer met 'n ou in SA wat Maandag ons klip kan laai. Hy stuur 'n trok Malawi toe en ek kan hom in Suid Afrika betaal.
Net na donker laai ons die klip af in Lilongwe en soek slaapplek. Ons lodge wat ons R100 per nag betaal is vol en hulle verwys ons na hulle susters plek wat groot ruim kamers het. Ons kan nie ons oë glo nie want die prys is nogal goed. Die krag is oral af en ons dra ons tasse kamer toe en sien uit na 'n goeie nag se slaap na 'n stresvolle dag. Na 30 minute kom die krag eweskielik aan en met dit die musiek. Omtrent 5 sound systems kompeteer met mekaar en die grond bewe sommer so van die geraas. Ons slaap nou maar vanaand hier maar more kry ons 'n ander plek.
No comments:
Post a Comment